Charlton Heston | |
Heston deur Jerry Avenaim, 2001
| |
Geboortenaam | John Charles Carter |
---|---|
Geboorte | 4 Oktober 1923 Illinois, VSA |
Sterfte | 5 April 2008 Beverly Hills, Kalifornië, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1941–2003 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Rolprentpryse | |||
---|---|---|---|
Prys | Jaar | Kategorie | Prent |
Gewen | |||
Oscar | 1960 | Akteur | Ben-Hur |
Golden Globe | 1962 | Henrietta-prys (Wêreldgunsteling) | |
Golden Globe | 1967 | Cecil B. DeMille-prys | |
Benoem | |||
Golden Globe | 1957 | Akteur | The Ten Commandments |
Golden Globe | 1960 | Akteur | Ben-Hur |
Golden Globe | 1963 | Akteur | The Pigeon That Took Rome |
Charlton Heston (4 Oktober 1923 – 5 April 2008) was ’n Amerikaanse akteur van rolprente, TV en die teater[1] en ’n politieke aktivis.
As ’n Hollywood-ster het hy oor 60 jaar in 100 rolprente verskyn. Sy bekendste rolle was in The Ten Commandments (1956); Ben-Hur (1959), waarvoor hy ’n Oscar gekry het; El Cid (1961) en Planet of the Apes (1968). Hy het ook in onder meer The Greatest Show on Earth (1952) en Touch of Evil (1958) gespeel. Van sy tonele wat die beste onthou word, is as Moses wat die Rooisee verdeel in The Ten Commandments en ’n strydwa-tweegeveg in Ben-Hur. Sy hoofrolle het hom ’n ernstige, outoritêre persoonlikheid besorg en het verantwoordelikheid, individualisme en manlikheid uitgebeeld; Hy het rolle wat nie klem op dié eienskappe gelê het nie van die hand gewys. Dit het ook gewig verleen aan sy politieke stem – hy was nou by die politiek betrokke.[2]
Nadat Alzheimer se siekte by hom gediagnoseer is, het Heston in 2003 ophou toneelspeel.[3]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search